DROME
DROME
Jou droom is dood.
Jou ideaal tot niet.
Jy is verpletter
en verslaan.
Al wat ‘n deur is,
het net toegegaan!
Jy duisel teen ‘n muur.
Daar’t niks meer oorgebly –
geen poort wat na vervulling lei.
Maak oop jou oë. Kyk om jou
rond. Daar êrens in die
duisternis is nog
‘n skrefie
lig.
Gaan
soek die lig,
gaan soek. Jy sal dit vind:
‘n Deur wat na die ewig’ Lig toe lei!
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Pragtige positiewe slot en ja deure sal wel oopgaan, op Sy eie tyd. Ons moet net glo en vertrou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek