Wedloop na verlange
Hoeveel treë word gemeet
in jou wedlope teen tyd
voor jy onomwonde weet –
uurglas se kegelsand
word nimmer gestuit
Hoeveel heuwels en rante
van klim, klouter en kleef
om jou doelpiek te bereik –
loer tog na die datums
jou spertyd het verstryk
Hoeveel grawe in ‘n hawe
waar spookskip anker lê
skril- skreeu van seemeeu
soutsproei mis deurklief –
geen sterfling sal kan sê
Hoeveel vrede van die hede
verstrengel in gister se distels
nou slaap goudkwas van more –
in verlange se hoolgange
vir altyd en ewig verlore
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goed gedoen Evelyn. Soms moet 'n mens daaraan herinner word dat die tyd vir ons uitloop
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
diepseer woorde maar so mooi geskets