Straat manewales
Brons afdeling
Straat manewales
Ons bly in manewales straat
vriendelike, humor kwinkslag
helpmekaar die taal wat ons praat
elkeen se karakter gerespekteer
Buurman Ree”l die straatbraai
hom self gekies as mnr vermaak
voor die haan kon kraai
weet almal, en moet daar draai
Tannie Malie wel vol fiemies
maak self pap en sous
Kerneels bring handevol mielies
uit sy bekroonde tuin
Kinders goedlags juigend
gaan speel tot laat aand
wagtend opgewonde vir maltrap
oom Leon weer verspot wees
Straat van vriendskapsbetoon
eerbare mense wat woord hou
wat gelukkig hier woon
woon jy in manewales straat?
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek