
vir
Gedigte
Takke in Dieselfde Wind
Op ‘n koringplaas langs ‘n nuut gespande draad Staan twee bejaarde bome ewe kordaat In die veld omring deur goudgeel koring gerwe Teen die blou lig is die twee se silhoeët uitgekerwe Ingedagte jaag almal verby na waar hulle gaan Onbewus van die twee bome wat daar staan Hand aan hand is hulle in tak en loof vervleg Soos ou getroudes in toewyding en opreg Seisoen na seisoen het hul saam gegroei Deur wind en weer en met koue bemoei Staan hulle saam om die wêreld in die oë staar Al verloor hulle jaar na jaar elke blaar Diep gewortel in die sanderige Sandveld grond Ondersteun hulle mekaar in hul huweliksverbond Saam deel hulle die voeding en genade vog Om soos een met hulle groen loof te spog En soos hulle meer volwasse raak Word daar plek vir ander gemaak Skadu kolle om teen die son te beskerm Met koelte word die vee in lafenis ontferm Selfs wanneer dit lyk of alles skeef loop En die mens gaan lê in onbeholpe wanhoop Of dit lyk of die wêreld besig is om te vergaan Sal die twee ou bome in die eg regop bly staan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.