sy hinterland
verkwikkende son skyn oor die ouetehuis tuin
verknoessend in die oggendson sit hy
oë nou te dof om die rose te sien rank
hoor nie die voëls se kweel gesang
die oggend-wind soos ‘n stoute kind
waai sy hare deurmekaar
sy gedagtes rimpel terug na sy hinterland
waar seewind roerings in die branders maak
hy voel die reuk van sout in jou neus brand
meet die blousel blou teen die hemel karmosyn
voel die krag van sy lyf as hy die wit perde ry
die see en die son deur sy are bruis
later soek hy skulpies in die maagdelike sand
sien die bamboes uitgespoel lê op die strand
‘n uitspoelsel soos hy
©Evanthe 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.