Jongste aktiwiteit:

My hemelhoutkind

Apologie aan Marlene van Niekerk se “Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas”

my hemelhoutkind
(vir outisme)

kyk houtlief
bitter soos bas
het my mond geword
ai, die wêreld wat wou
dat jy my kind is
my hemelhoutkind
jou houtoë wat staar
fladderende handeblare in die wind
voetewortels obsessie oor water
rituele lyfboom streng seisoene volg
kwalik neem ek vir God

o houtlief
as ‘n ma
opgeoffer het ek met my liefde
geduld van Jakob het ek gehad
God, seën my hemelhoutkind
my jong groenhout verfraai my lewe
kyk houtlief
soet soos boomgom
het my mond geword

© Roeline

Spesiaal vir Charlene Colyn geskryf.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed