Teensin
obskuriteit van realiteit
niks te veel, te veel van niks
holbrein psiges herontdek
gedagte-loos
dada da da dada,
voos gedroom
in die volmaaktheid van pyn
as absurde gesigsuitdrukkings
van ‘n treurige vreugdes spel;
sy boei my nog vas in haar wimpers
en droom nog in blou-
in die ghetto’s spuit drek in die pad-
en selfs die honde is op-antidepressante
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.