een en ander
twee gesels op my duin een sê: my lewe is ‘n lied ander sê: dit het dan nie woorde een sê: ja maar daar is darem ‘n wysie ander sê: ook maar goed, anders was daar niks twee gesels op my duin een sê: die lewe is ‘n lied ander sê: ek hoor nie woorde […]
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]
ko tog huistoe
blommetjie kô tog huistoe jou pa se hart verlang na jou blommetjie strooi jou blare al die mense praat van jou blommetjie wees nie treurig reën sal wel weer kom val blommetjie luister tog mooi elke waarderende oog staar na jou blommetjie jy het geluister my hart blom en sing van jou blommetjie jou mooiste […]
weë
my duin het vanoggend ‘n vrolike deuntjie dit styg op oor die geluid van die see dit dartel en kartel oor die strand ‘n melodie van wonderlike klank oor die seë van die aarde kom dit aangesweef word dit een met hierdie strand waar ek sit en luister na die stem van my Meester ©Teárlach
In die Weermag(brons)
Die groot generaal Van Zyl Sit by Graskop en huil Die potte prut Die potskraper hik Hoor hulle hoe die tampontiffies roep. ©Morné du Preez
hekeling
werklik elke dag het meer die skrif aan die mure ryklik kleurvolle neon gekleurde letters maak al lank bekend van wat kom sou jy daaroor praat of skryf is jy glo morbied en siek moet jy bevraagteken die lewe deurgaan hekel almal nou maak jou ‘n hekeling stryk nie met hulle massa-siening van que sera […]
Silwer- Limiriek
Klein Sannie Verwey van oom Joep Hoor glad nie toe mamma haar roep Verstringel sy Jannie se hare Haar vingers vol moerbeibos blare Nou wieg sy die kind op die stoep
Silwer- Limiriek
Daar was eendag ‘n delwer uit Bloem Wat graag elke meisie wou soen Hy misgis hom met Let Beland in die bed Nou moet hy maar tuiswerkies doen
HERRIE OOR PRINS HARRY
(Brons) Die arme stomme prins Harry verlei, gevry deur ’n mêrrie die wêreld gons nou: het sy hom laat vou, of is als ’n fop nuus hêrrie? ©HMellet