filibuster
soos die skemer daal oor sy vuurwarm duin vanaand strek rooi-geel vlamme in wolke uit dit verf die hemelblou lug in oranje kleure wat saggies verdwyn met die stygende nag soos sy plek op die duin gereeld ‘n struikelblok vir baie digters kan wees, so word hul filibuster telkens ignoreer omdat daar ook grense is […]
laat-lente droom
“Brons” laat-lente droom in sagte aandskemering neurie die melodieë van nuwe seisoene op die horison wink louter vreugde van laat-lente sonskyngeel vir my agter my voetspoor die herinneringe van vervloë wintersdrome: nou verby die deuntjie draal eensaam stil my ‘onthou’ gesnoer in kroonjuwele blye ontwaking: diamant in druppels dou lente glimlag sag as sy sonskyn […]
vetkoek dag
vrydae is dit vetkoek dag oor my duin hang die reuk dit versmelt in my verhemelte daardie unieke reuk van deeg wat in olie gebraai word met plaas botter en dalk happie maalvleis in kerrie gedoop ©Teárlach
Hoop (Silwer)
Hierdie naweek sien ons nie die bar Karoo of dors bokkies en boere wat sukkel om in God te glo. Ons negeer ons tienrandnoot wat na die storting as een rand begroot. Die heuwels en velde stoot geloof en blare soos die kleur van die bloed deur ons honger are. Hierdie naweek is ons behoud […]
Die kyk (Silwer)
Jou oë stol modder soos die borrel van die are deur jou hart – sonder die seën van sagte reën of die soet van sjokolade is daar geen sagvoel, kalfie, bokkie …of genade Charleine Collins © Oktober 2019
Afskeid
(goud) Verlorenvlei, Verlorenvlei jou weggaan skroei tot roof in my dit sny ’n spoor van roet en as waar gister helder strome water was en los my in die ligverlate donker stege, lamploos strate wat na die doodse stilte lei Verlorenvlei: die duister het die maan gesluk die sterre het die nag ontglip en oor […]
steunpilaar
vanoggend se diep blou lug en die son se goud geel strale verf ons baai in hemelse skilder doek goue strepe reën in skyfies oor die see soos speel-weer gebeure op ‘n doek onder raas die golwe saggies voort soos die natuur ons steun ons lewe gewende lug verskaf wat vars en heerlik is so […]
aloe êlite
oor die duine ruis stem van see eers sag dan harder ritmiese slae per uur as golwe breek en val daar is nimmer einde slegs suur en sout ewige dinamiek bou en breek skryf en dig soos ‘n plig ©Teárlach
reiseling in taal (parodie)
intrede fase… waar jy gedagtes in woorde uitspreek waar dit vir jou mooi klink en jy dit wil deel maar nie die vrymoedigheid het om dit te doen nie opvolg fase… waar jy jou gedagtes probeer orden volgens eie-taal reëls en dit met ander mense deel waar jy hulp kry en ook afkeur en teenstand […]
Die Sweedse nooi
Kom ons sê maar die lewe is selfs sy eie reisiger en ons noem hom “koos of jan” wat sou hy in sy trommel pak om mense orals in die wêreld meë te kon vermaak? Ek sal sê vreemde ontmoetings, nuwe avonture ‘n lied wat in jou gedagtes speel soos daai een ligstraal op ‘n […]