bepeinsing
mooi stil dag met son wat waterpas skyn verlig die golwe in skitterende spel teen diep blou hemeltrans sweef meeue enkele geluide kom oor die duine aan motors wat ver weg loop en versnel fisante wat hier en daar skrik ‘n kraai wat kos soek net in my gemoed is daar storms storms oor vandag […]
gumbu myn 1978
in laat middag son klim ons in bruin drag gekamoefleer tot in gesig stadig rots-vir-rots kruipend aan duskant van die klip krans skuifel voetjie-vir-voetjie stil tot in holkrans aan wegkant skemer daal spoedig oor bosveld landskap heel nag wakker met verkyker gespits op enige beweging onder oor die limpopo se strand flitse lig wat gevegte […]
Berg
Soos die son oor berge val Hierdie groot, onbekende mal Rotsagtige, skaduweebevange berg Wat soms jou sit en terg Van naby, van ver bly hy mooi tog Maar klim, hygend, gedoop in soutwatervog Raak hierdie berg, monster wat vuur spoeg En nog hooi op jou oorvol vurk voeg. Wat te make Met net te veel […]
Teorie en Praktyk
Teorie en praktyk Die ou was op universiteit en die dag in die klas praat die dosent gedurig van teorie en praktyk. Hy verwys na goed wat teoreties dit is maar sus is in die prakryk. Na die klas was die man so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboks. Die aand by die huis […]
Staatsbuideldiere
As die Kangaroe in haar kapoes woorde drae en volstruisagtig aanprikkel soos staatsbeamptes eierkop sit almal soos stoepkakers met kameralense en fotosinteer vuiste gebol en moue opgerol almal uit vir ‘n koppie-teë, daai girls met bubblebutt-houdings en fors manne met egotistiese: “check my uit, check you uit” word almal in ‘n Pornografiese video-band-opname namens die […]
VREDE – (Silwer)
VREDE vasberade loer nuwe lewe deur die donkerste grond stoot sy arms blaar vir blaar soos wyd gespreide vlerke reikend na die son hongerig omhoog om elke straaltjie sonskyn gulsig op te slurp om met ‘n helder stem VREDE oor die wêreld uit te roep © Barbara Smit – 16/10/2019
uit die chaos
winde van verandering waai kruis en dwars oor die lengte en breedte van die landskap onder donker wolke van rook pluime swart reuse pilare van vlamme wat alles verteer deur rook gordyn verskyn daar ‘n wit perd elke vlam word voor hom verpletter gedoof ©Teárlach
Vrystaat se sonsak
Hy trek sy straal oor heuwels saam teen die berg hange, weg van die maan Dit is mooi dit is sag `n nuwe kleur, eindig die dag `n Houthuis breek die kleur Of gee dit êrens `n nuwe geur Wat ookal gebeur, dit verkwik my siel nog `n laaste keer Ek wens ek was `n […]
hutspot
gedeeltelik bewolk en koel oor my duin hang daar verwagting in ons buurdorp is daar vandag ‘n hutspot van oproerige massas wat verniet wil eet na die munisipaliteit wil hul marsjeer maar nie netjies in gelid nie, nee met hoë vuiste en geskreeu met brandende bande daarmee wil hulle hul barbarisme uitleef en vier ©Teárlach
Towerland Lentedans (Brons)
Suutjies murmer feetjies liefdesliedjies langs die stroom, die kleine handjies fladder vlugtig deur my droom. Ek ruik die kleur van perske bloeisels wanneer hulle staffies saggies swaai, die spookasem geur klingel as hul rokkies vrolik draai. Lente strooi sy mengelmoes van draairoomys kleure en donswatte bolletjies in speserygeweekte geure.