Towerland Lentedans (Brons)
Suutjies murmer feetjies
liefdesliedjies langs die stroom,
die kleine handjies fladder
vlugtig deur my droom.
Ek ruik die kleur van perske bloeisels
wanneer hulle staffies saggies swaai,
die spookasem geur klingel
as hul rokkies vrolik draai.
Lente strooi sy mengelmoes
van draairoomys kleure
en donswatte bolletjies
in speserygeweekte geure.
2 Kommentare
-

Seirdna
Mooi & oulike gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur