Die hangman
Daar is ‘n langtou vir my en jou hy is gehang in die donkerboom daar is nie groen gras onder hom net ‘n graf en ‘n gat met ‘n wurgstrop om die nek hang ons voeitjies vir die gek ons tonge verstop vertrap en verguis die staatsklaer het ‘n semi-automatiese geweer die straatveer het die […]
samedi
my duin is verlate vroeë sonstrale verberg in stofstrepe vanuit die suide om wit huisies kerm die wind sy hartseer wind van ‘n kind ‘n kind van die noorde wat ver suid leef wat groen velde verruil het vir wind en sand die kind sit en tuur oor die wye see sien inheemse bome wat […]
Digterskleure
Digterskleure daars ‘n kleur in elke digtersiel daars n kleur in elke daad ‘n ligter kleur vir liefde en ‘n donker kleur vir haat daars n vaalheid aan die more van ‘n son wat ophou skyn en ‘n grouheid aan die nadag van ‘n ou mens aan die kwyn daars ‘n voorkleur en ‘n nakleur […]
rukwind
skemer op my duin son sak vinnig weg strepe sand waai op more is spring gety my duin wikkel en beef in rukwinde uit die suide skreeuend kom dit oor dit ruk en pluk my rond golwe wil agteroor val en fyn wit sproei waai ver oor blou landskap tolbosse vergaar oral meeu spartel woes […]
ballade vir ‘n meeu
meeu se skreeu is skril eers was dit my ma se bek daarna was dit my pa se bek wat my donsvere kom voed het meeu se skreeu is skril toe het my geel voete gerek en my vlerkvere begin om te rek tot my geel voete begin rooi kleur meeu se skreeu is skril […]
Cliche Tanka
CLICHÉ TANKA skildertonele van gebroke sonstrale drapeer die vlaktes se godsverlate eenvoud om ‘n horison cliché
hoor jy
hoor jy my stem oor die duine oor die fynbosse trek dit saggies deur geute en valleie weerklink dit sag soos die geluid van ooste wind elke warrelende noot styg hoog op gaan draai duskant hoogste duin weergalm dit in die gange van my siel se bouwerk waar gedagtes en drome realistiese vorm aanneem wees […]
siel
siel van ‘n volk is in die opkomende geslag voor-oorlogse geslagte het geluister na verhale oor swaarkry van vrouens en kinders met ossewaens oor berge moes trek siel van ‘n volk is in die opkomende geslag na-oorlogse geslag het wêreld oorloë en bosoorlog wat hulle na kan verwys met baie grafte in begraafplase en heldedade […]