
hoor jy
hoor jy my stem oor die duine
oor die fynbosse trek dit saggies
deur geute en valleie weerklink dit
sag soos die geluid van ooste wind
elke warrelende noot styg hoog op
gaan draai duskant hoogste duin
weergalm dit in die gange
van my siel se bouwerk
waar gedagtes en drome
realistiese vorm aanneem
wees nie bevrees nie
die boodskap
is suiwer
en sny
deur
die
mure
van jou
weerstand
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
"die boodskap is suiwer en sny deur die mure van jou weerstand" Dit is nou vir my wragtig mooi.