Meester
eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
om hom het die klippe uitgeroep
ons meester kom op die wolke
eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
en op hom sit ‘n man en ween
sy meester kom op die wolke
eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
oor hom sweef daar meeue en sing
ons meester kom op die wolke
eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
en oor die duin skyn helder ligte
die meester staan op die wolke
©Teárlach
4 Kommentare
-

Seirdna
Ons beter op daai duin wees daai dag. Mooi geskets
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Sien so uit na daai day!!