
Sonneblomme van Van Gogh
ou afoor trommel
langs bye wat mompel
plak hy ‘n stoeltjie
onder die hemelse doek
die helder son dompel ‘n
sonneblom helder kwas
van ‘n veer geplakte heelal wat
saam soet olie meng
lig skadu’s donker
donker die swaar kwas
gloed die vlam van ‘n brandende
sonneblom
die tyd draai aan
die hitte wat kraak
oor die velde wat ritzelend sing
en afoor wat sy gesag smeer
©Morné du Preez
3 Kommentare
-
Seirdna
ja nee kyk hy het sowaar sy "gesag gesmeer" Vindingryke woordeskat soos gewoonlik Morne. Mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur