samedi
my duin is verlate
vroeë sonstrale verberg
in stofstrepe vanuit die suide
om wit huisies kerm die wind
sy hartseer wind van ‘n kind
‘n kind van die noorde
wat ver suid leef
wat groen velde
verruil het
vir wind
en
sand
die kind
sit en tuur
oor die wye see
sien inheemse bome
wat buig in wind en reën
en bid vir uitkoms
aan al die droë
kners vlaktes
van sy
land
©Teárlach
(saterdag)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Baie mooi gedig!