Jongste aktiwiteit:

Digterskleure

Digterskleure

daars ‘n kleur in elke digtersiel
daars n kleur in elke daad
‘n ligter kleur vir liefde
en ‘n donker kleur vir haat

daars n vaalheid aan die more
van ‘n son wat ophou skyn
en ‘n grouheid aan die nadag
van ‘n ou mens aan die kwyn

daars ‘n voorkleur en ‘n nakleur
in alles wat jy doen
wat afhang van jou liefde
en hoe jy jou versoen

die kleure in jou lewe
keer altyd terug na jou
soos die hande van die hemel
wat die heelal vas moet hou

uit ‘n mengelmoes van kleure
soos ‘n skilder met sy kwas
kies jy dan ook jou kleure
wat by jou digkuns pas




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed