Kies Jou Kleur
NOU is die werklikheid en dit is soos ‘n geboorte, gevul met allerhande soorte probleme en vrees. In hierdie boek probeer ek vir jou die lewe uitrek, en om dit te vul met geur en kleur van my eie Ek . . . Die boek is leeg, die blaaie bleek, sonder woorde, tog is dit […]
Skarlakenkoors (Brons)
Party mense se probleme ontwikkel oor tyd. Ander mense word gebore met hul probleme. Lien is gebore met haar verdriet. Asof die vurige boskasie op haar kop nie erg genoeg was nie, kon Lien dit nie naby die son waag net. Jy kon letterlik vir haar staan en kyk hoe die sproete op haar uitslaan, […]
Toe die Ysterpere val
Citatoloco, malbaartjies wat chronologies onder cumulus malbaar chicaneer mefities die dekorum de’ corpus, alles indubio op die meent ingewortelde mense in pantonomie ‘n fresco van Mammon, Ligtekooie met klaprose klik-klak megalomonies en die uilskuikens wat die chronometer met handgranate aan die sagmoediges verkwansel sodat hulself in die stilte swymel en die gepopel versag vermurwe oë […]
Smag na groen gras
‘n Mengsel van kleure kleur die mooiste kleurplaat in die natuur in stop en kyk en sien die hele prentjie raak Groenigheid is ‘n simbool van vrede ‘n simbool van lewe gras en blare groen is die kleur van liefde Dit is ook ‘n kleur van dood wat vergaan in die winter Hy laat my […]
balade van jongeling
onder donker rookwolke spat daar vurige vlamme alles oorweldiggende mis rooksuile boodskapper is in ons huise sit ons vas voor selfoon en tv kas ver te gevaarlik buite bly maar uit die skuite onder veiligheidsligte skryf ons maar gedigte oor elke berig van dood mense lewe in ‘n sloot in ons harte wil ons lewe […]
stem te koop
daar is ‘n stem waarin almal belangstel almal wil dit so graag besit maar dit is nie te koop die stem van ware liefde liefde vanself so uniek geen aanbod of geld kan dit ewenaar nie net liefde vanself ©Teárlach
Naggedagtes
Wat is trane dan, meer gevoel as blote water en is hunkering net ’n dieper soort verlang? Hoe is hartbreek seerder as ’n wond wat klop? Dalk is skeiding iets anders as ’n duisend myl; is vrees die uiterste van bang. Ek vrees verliese. Ek vrees dit, dat jy weg sal gaan. Is heen en […]
Net jy nou! Elke dag!
Net jy nou! Elke dag! ‘n Roos, vars in die lente tuin van die lewe is jy saam met jou, deel van jou, ewig, voel ek tog vry sonder jou, wesenlik,voel dit of my innerlike pynlik ly aan jou, liefste, moet ek, altyd my ewige liefde bely droog, naak, vaal, seer, soos die winter velde, […]
Reënboog inspirasie
met elke sonsopkoms blink hoop op die horison as moedeloosheid my vreugde steel musiek ewenaar die ritme van my hartklop ek verloor myself tussen die lirieke van my gunsteling songs waar die see se deinings speel skep my siel asem dis waar ek tuis kom langs die stilte van ‘n bosveldvuur onder ‘n stergevulde maanligaand […]
Foon gepleisterde mombakkies
ons gesiggies weerkaats soos spokies wit vanuit agter ons skerms te bang mens mis iets uit sit ek vasgemessel aan my foon plak tog net ‘n onsie op gesigblad om my perfekte lewe in ander se bakkies te vryf my oë trek skoon vierkantig oor maroela media se skindernuus van twee SAL vlugbeamptes wat hoog […]