
balade van jongeling
onder donker rookwolke
spat daar vurige vlamme
alles oorweldiggende mis
rooksuile boodskapper is
in ons huise sit ons vas
voor selfoon en tv kas
ver te gevaarlik buite
bly maar uit die skuite
onder veiligheidsligte
skryf ons maar gedigte
oor elke berig van dood
mense lewe in ‘n sloot
in ons harte wil ons lewe
veilig wees en voort strewe
gelyke kanse mededinging
geleenthede en opwinding
gaan ons uit in groepe
word ons gou geroepe
met aanslae teen ons
wat ons harte laat bons
oor ons toekoms onseker
hang daar duister beker
wat ons dalk moet drink
deur barbare ingeskink
hoor ons donker gebede
ons sterf met rasse skrede
sal U ons spoedig kom red
ons gehoorsaam aan U wet
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Dink die is 'n diep kreet in baie van ons mooi gepen,"ver te gevaarlik buite bly maar uit die skuite".