Jongste aktiwiteit:

Laslappies van geel

Elke kleur vertel jou ‘n storie
want kleur kom nooit alleen nie
wanneer jy kyk in die lug, of op die grond
wonder ek opnuut waste kleur is die son?

Vanwaar kom die geel
wanneer hy opkom
die rooi met sonsondergang
en die silwer rantjies om donker wolke

Sy laaste strale wat seesand
verkleur tot die mooiste goud
wat lyk soos heilige grond
waarop jy te bang is om te loop

Al die laslappies van geel
dis hoe ek die lewe wil sien
wat my hande verseël
wanneer ek dit vir geluk na die son toe hou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed