Koel van my oë
Koel is die sig wat weerkaats in my oë
wat deurskynend vloei,
kristalhelder met ‘n swympie kleur,
deursigtig, kalm, vry!
Vars is die lug
van die hemele bo,
waar die arend sy vryeval af-ets
teen jou skakering mooi getooi.
Rustig die klank
wat my siel diep ervaar
in die maanverligte nag,
wat swart laat verdamp,
na die mees mooiste nag
wat die donker soos pik verfraai…
na die kleur van saffier.
Ryk en vol mag is my koningskleur!
PAULA PAXTON©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek – Kleur