Jongste aktiwiteit:

Vuurmonster van die nag

te lank die smaak van smaad
wat ‘n agtergeblewe lewe in die mond laat
saam word daar vannag gepraat
3 hurkende skaduwees hou beraad
oor ‘n knetterende donker daad
‘n duister daad wat hard sal praat

ruik en voel die blinde haat
wat bars deur wonde se dun naat
proe die haat van verraad
haat wat opskiet soos saad
mag word gebraak dit is te laat!
hoor ons nou met vuur praat

vuurspuwende donker daad
vlamme vreet aan verraad
lewens hang aan ‘n draad
als het hul niks gebaat
die brullende monster wat niks agterlaat
niks, afgeëts teen die kleur van wraak
3 verkoolde skelette van ‘n donker daad
smeulend in die as van verraad

©Evanthe




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak