ballade vir ‘n meeu
meeu se skreeu is skril
eers was dit my ma se bek
daarna was dit my pa se bek
wat my donsvere kom voed het
meeu se skreeu is skril
toe het my geel voete gerek
en my vlerkvere begin om te rek
tot my geel voete begin rooi kleur
meeu se skreeu is skril
soos alle seevoëls kon ek vlieg
kop donsies nog sommer so stieg
vet gevoer op slakke en slap kril
meeu se skreeu is skril
vandag vlieg ek oral saam
byna sonder behoorlike naam
want ek is nog nie heeltemal wit
meeu se skreeu is skril
elke dag sweef ons oor die see
dryf op die water en skep algeë
sit op rotse om af te droog in son
meeu se skreeu is skril
na jare se heen en weer patrolleer
haal die ouderdom ons in alweer
raak my spierwit vere weer dof
meeu se skreeu is skril
tot ek vandag op eensame strand
stil sit en geduldig wag op die anderkant
my skreeu is nie meer skril net skor
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.