Venus
Dagbreek ontwaak ‘n ligteveer
wat sy troon droepel sag
oor die skadu’s rymel
so die saffiere savoureer
tussen die blaak gebooie
van allermintige aanstaandes
wat hang aan die hange
en roer oor die duim
kabbel die stroompies donker
naak weerkaatsings
wat die stapelwolke kus
en die ligteveer wat val
ontbloot die skavot
Ad exeḿ plum:
“O’ sal my knie nie buig, O’ Aphrodite!
sal my duif, my swaan en swaeltjies
die gepopel van jou hart kon steel?”
“O’ jou skoonheid betower, daar is geen einde!”
“O’ mag my woorde die nektar van jou Appelboom versoet,
en jou Papawers nooit jou skoonheid ewe
maar slegs jou wêreld kleur,
ek is maar jou slaaf
gooi my maar in die see
en storms sal ek woed”
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.