Jongste aktiwiteit:

gumbu myn 1978

in laat middag son
klim ons in bruin drag
gekamoefleer tot in gesig
stadig rots-vir-rots kruipend
aan duskant van die klip krans
skuifel voetjie-vir-voetjie stil
tot in holkrans aan wegkant
skemer daal spoedig oor
bosveld landskap
heel nag wakker
met verkyker
gespits op
enige
beweging
onder
oor
die limpopo
se strand
flitse lig wat
gevegte aandui
tussen terroriste
en groen magte
ligdag hang
swart sakke
van droë
bome
aan
die
ander
kant

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed