Nagmaal van die sotte
As als kubertaal praat en “word” ons nie méér of die blêrie delete knoppie werk nie méér sal die vertroude pen nog die storie vertel, mense help mekaar mos nie mee die baas wil niks hoor van die sotte en die sotte nog minder van die baas los jou drome en werk werk en hou […]
geslote privaat
vir baie wat om my duin loop sal dit lyk of dit geslote kan wees maar eintlik is dit meer iets soos privaat soos om jou vriende te kies, eerder as ooplaat oopmaak vir almal se kyk tot in jou siel vir die introvert is dit moeilikheid vir die geseënde ekstrovert ‘n alledaagse geflerrie so […]
Stormkind
Stormkind In my gemoed, hier diep binne, voel ek bang o Heer! Die storms, dit, slaan woes om my heen en weer Hoe nou! Waarheen, waar sal ek val hierdie keer Voor U aangesig buig ek, O!! Heer, keer op keer Refrein Met ‘n dankbare hart kom ek voor U Heer Ek buig in aanbidding […]
Daar is een Hemel
Die dag wat die boom brand toe die swartvoël sing oor sy voorvaders nes wie was die die witvoël met die rooi-swart-kringbek wat sy nes wou belet en die swartvoël wat dans vir sy nooi se swier se voete diep in die stof gemat om en om en om die boom se figuur wat brand […]
serigheid
wolke vervliet oor my duin sulke swaar vogdraende vagte van ver oor die suid see kom dit aan draai sikloniese sirkels tussen hier en daar soms bring dit reën – soms geen reën nie altyd ‘n besondere skouspel om te sien maal en draai terwyl wind skreeuend om hoeke en deur skrewe raas so is […]
Nuwe fase
toe die son oor die nuwe jaar opkom was dit ‘n jaar van baie laastes jou laaste laerskool jaar tot oorlopens toe vol met herinneringe besaai die voorreg om jou lig as leier te kon dra het ander gewys van Jesusliefde van jou laaste atletiek tot jou laaste lentesokkie en revue waar jy na hartelus […]
jacobsbaai
op die drempel van die see weg gesteek in ‘n hoekie lê daar ‘n pragtige baai met ‘n strandmeer wat getuig van ewige getye laag en hoog vorm dit ‘n boog van blou water golwe wat met wit kruine troon oor rotse wat die baai soom ©Teárlach
Nastergal Wolfram en die 72 Maagde
“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.” “Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…” “Nee dankie.” “Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?” * * * Soos dit mos maar op ‘n klein […]
Net voordat ek gaan
Net voordat ek gaan Hier lê die wêreld nat – deurweek met water en wolke trop soos witwollammers teen die blou. Ek vertel dit net vir jou al vrees ek, verhale oor die weer kan soms verveel; ek en jy kon nog altyd die son en wind en reënval deel. Ek vind dit vreemd hoe […]