Stormkind
Stormkind
In my gemoed, hier diep binne, voel ek bang o Heer!
Die storms, dit, slaan woes om my heen en weer
Hoe nou! Waarheen, waar sal ek val hierdie keer
Voor U aangesig buig ek, O!! Heer, keer op keer
Refrein
Met ‘n dankbare hart kom ek voor U Heer
Ek buig in aanbidding voor U neer
My hart maak ek oop voor U weer en weer
Met my wese wil ek u net eer en eer
Verwytend, beskuldegend, ek vra, wat het my begeef
Ek, met soveel foute, hoe kan myself dan ooit vergeef
Dan spreek die stem, van Christus die Heer tot my Gees
Ek het die prys betaal, my kind, my kind jy is nie wees!
Refrein………….
My wese roep uit, genade, genade, binne my wil dit skeur
Vrede so sag, liefde ongeken, dring my binneste deur
My foute, my sondes, weg soos die ooste van die weste
Skoon, gewas deur sy bloed, ‘n koningskind op sy beste
Refrein……….
Nou kan ek jubel en juig, myself voor die Koning buig
Volmaak in Sy oë is ek nou, dit kan die woord getuig
In ‘n donker wereld, is ek nou die lig, vir Hom will ek skyn
My gebed Heer, hou my vas, in die nag wil ek nie weer verdwyn
Kopiereg © Willy Funchal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.