Jongste aktiwiteit:

Daar is een Hemel

Die dag wat die boom brand
toe die swartvoël sing
oor sy voorvaders nes
wie was die die witvoël met die rooi-swart-kringbek
wat sy nes wou belet

en die swartvoël wat dans
vir sy nooi se swier
se voete diep in die stof gemat
om en om en om die boom
se figuur wat brand

brand sy woorde ‘n lied
dit kreun oor die kraanse
rymel en versamel
stories van toe die boom
een groot nes gedra het.

Die dag wat die boom brand
toe die witvoël sing
van sy voorvaders nes
wie was die swartvoël met die wit-rooi-kringbek
wat sy nes wou belet

en die witvoël wat dans
vir sy nooi se swier
se voete diep in die stof gemat
om en om en om die boom
se figuur wat brand

brand sy woorde ‘n lied
dit kreun oor die kraanse
rymel en versamel
stories van toe die boom
een groot nes gedra het.

Die dag voor die boom brand
was daar ‘n nes, een groot nes
reg om die boom
en die witvoëls met die rooi-swart-kringbekke
en die swartvoëls met die wit-rooi-kringbekke

het almal eenkant gekwinkeleer
om hulle swierende nooiens
die stories wat rymel oor die kraans
en die stof van hul gematte voete
te verbaal.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed