geslote privaat
vir baie wat om my duin loop
sal dit lyk of dit geslote kan wees
maar eintlik is dit meer iets soos privaat
soos om jou vriende te kies, eerder as ooplaat
oopmaak vir almal se kyk tot in jou siel
vir die introvert is dit moeilikheid
vir die geseënde ekstrovert
‘n alledaagse geflerrie
so kan jou diepste
wese dalk net
met ander
praat
wat
ook privaat
is
soms is
die probleem
egter daardie
ander lees
dalk iets
in jou gedagtes
wat hulle raak
en plaas hul
jou binne
hul dampkring
van denke
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.