
rimpels
vroeg vanoggend
lê die see soos ‘n dam
miniatuur golfies speel
saggies uit op verlate strand
waar ek sit op my duin
sien ek duidelik
toe die water
begin tril
rimpels maak
in elke golf
iewers ver onder
is daar iets wat
moet dril
so dril
en tril my siel
soms in antwoord
op die inherente vrees
vrees wat verlammend is
onnodige vrees en bewing
maar soms neem oermens
se DNA oor en vorm dit
rimpels in my gees
daar oor spoel
realiteit van
geloof
hoop en
liefde
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.