Jongste aktiwiteit:

Klim en klouter avontuur

daar’s ‘n apie
op ‘n stokkie
voor Mamma se agterdeur
dis die liedjie wat Mamma altyd sing
as sy my op haar meubels vang klouter

vandag stel ek ondersoek in op Ma se kombuiskas
maar my boude sit die kas mis
en daar kaplaks ek op die vloer neer
nou het hierdie apie nie ‘n gaatjie in sy broek nie
maar een in my been

al huilende
jaag ons op die trein dokter toe
en wag die heelaand by die hospitaal
net sodat ek drie steke kan kry
ek is tog nie ‘n sissie nie

ai, my ouers is nou so poegaai
van heelaand met my stoei
maar ek is laggend opgewonde
want treinry
is ‘n klim en klouter avontuur

©Jessica Venter
17/10/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed