kan nie
– wow – aka “war of words” – ek weier om te aanvaar dat my volk, die boere nie kan saamstaan nie – disinformasie wil my gedagtes soontoe lei wil my laat vergeet – bring twee boere bymekaar dan kry jy spoedig twee kerke en dalk tien politieke partye – sulke gesegdes in ons moedertaal […]
buig
– om van my duin af te buk word by die dag moeiliker – my boompie was van vroeg gebuig met roede vasgeheg deur jare het roede ingegroei pynlik soos ingroei toon naels – my boompies het ook gebuig met verroeste roede ook daar almal het sterk bome geword wat elkeen sy eie skadu gooi […]
in kleur
– mens gemaakte goggas land op mars en neem fotos iets uit strokies prente van weleer vir eerste keer kom daar fotos in kleur verder as vier en vyftig miljoen myl deur digitale kommunikasie aan – hier onder ons voete druis en kook die aarde se magma in rooi gesmelte rots hier en daar kook […]
verwering
– jou ogies blink soos krale in die son sagte blou oë wat baie kan inneem – jou stem kom diep uit warm boesem waar jou siel sy hart koester en bou – jare se wind en weer en baringspyn het jou gesig in weerpatrone gesny – uit jou mond kom net rein gedagtes want […]
hoop
– kandelare lig oor droë blare waar siele blus in ewige rus – harte bloei oor liefde wat gloei nuwe lote groei onder luide skote – eerwaardes swig voor politieke sug lidmate verhuis na volks vreemde huis – kersliggies brand oor kartetse wat land mens oë verduister wyl hul ophou luister – donker gedigte vul […]
bolangs
– soos seisoen verander vergrys my duin alles wat groen was word nou weer bruin so verander die wese van bejaardes ook wanneer tyd aankom om boedel oor te gee afhanklik te word besluite te oorhandig aan jonger mense soms onbekend dalk onsimpatiek selfs vyandig gesind bolangs lyk dit dalk na geluk en dankbaarheid diep […]
skusie-man
– dagbreek het sy belofte gestand gehou in heerlike sonneskyn en pure see-genot my duin blink sterre in die son my hart galop oor golwe blou dan staar my siel verbaas as skusie-man verskyn so rein in skyn dog donker in pyn – ©Teárlach
IS LIEFDE REGTIG BLIND? (SILVER)
Die geykte gesegde ‘die liefde is blind’ het verskillende betekenisse vir verskillende mense. As ‘n lelike ou met ‘n pragtige meisie aan sy arm pryk, (of andersom) sou die ou tannies agter hulle hande fluister: “Wie sou nou kon dink dat ou Piet kromneus so ‘n mooi blom sou pluk. Die liefde is voorwaar blind.” […]