Jongste aktiwiteit:

kan nie


wow – aka “war of words”

ek weier om te aanvaar
dat my volk, die boere
nie kan saamstaan nie

disinformasie wil my
gedagtes soontoe lei
wil my laat vergeet

bring twee boere bymekaar
dan kry jy spoedig twee kerke
en dalk tien politieke partye

sulke gesegdes in ons moedertaal
dra baie by daarby dat ons dit glo
geskiedenis kan mos nie lieg nie

gaan kyk dan maar na vandag
nuwe geskiedenis boeke lees
‘n totale nuwe wêreld siening

ons kleinkinders word so geleer
elke geslag en politieke bestel
skryf die boeke soos hulle wil

dit word stil op my duin
wat sê die woorde eintlik
is dit “kan nie” of “wil nie”

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed