
bolangs
–
soos seisoen verander
vergrys my duin
alles wat groen was
word nou weer bruin
so verander die wese
van bejaardes ook
wanneer tyd aankom
om boedel oor te gee
afhanklik te word
besluite te oorhandig
aan jonger mense
soms onbekend
dalk onsimpatiek
selfs vyandig gesind
bolangs lyk dit dalk
na geluk en dankbaarheid
diep daaronder rebelleer
elke mens daarteen
gedagtes en drome
vervaag in toegerygde
lakens en bed some
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.