skemer
– wanneer agtermiddag in skemer strale verkleur bokspring my hart vir oulaas saam met die golwe wat ruis sonder uitsondering val soos bruisende water oor my duin verdun en verdwyn in die skulp ryke sand weerkaats skewe strale teen wolke en verf uitspansel pastel kleure wat siele versag – ©Teárlach
vel
– fel is sonstrale soos spiese uit hel wat dun vel skroei oor reeds gekraak nog barste maak – hoe dunner ‘n vel skerper die strale wat deurdring en onderlaag vertel dinge oor ‘n hel – woorde breek ook soms deur die vel laat vriende vertel van pyn uit die hel teleurstelling fel – fel […]
oikos
uit openbare wildernis het my huis sy plek gevind op ‘n duin woorde hul oikos gevind waar risiko gulsig verslind die algoritme van my siel ©Teárlach (oikos verwys na huis of blyplek)
eer(lik)
– my duin draal oor eerbaar word jy eerbaar as jy eerlik is of is eerbaar karakter self – eerlik is nie selfbejammering dit is nie ‘n karikatuur van eer dit kan self opofferend wees – daar is nie grade van eerlik amper eerlik of meer eerlik geen afwyking van eerlik nie – eerlik is […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]