Geknoffel (Silwer)
Die winter het hom toe heerlik kom tuismaak hier in ons midde. Twee dae gelede kon ons nog baadjieloos buite rondloop bedags. Maar van gister af gryp ons na ‘n warm jas en lê styf lepel snags. So stoei ek en manlief nou al geruime tyd om die komende winterkieme weg te hou. Ondersteun gretig […]
Ons Omgang met die Wêreldwye Pes
In April hoor ek van 'n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?
Die soeke (797 woorde)
Ek sluip katvoet van een skaduwee na ‘n ander. Telkens loer ek oor my skouer om seker te maak niemand volg my nie. In die verte kan jy die polsende klank van voertuie wat vlieg en die ritmiese klak-klak van die wat op spore beweeg hoor. Miljoene mense wat iewers moet wees. Reuse hologramme flikker […]
ontsnap
– oor die nuus een-en-dertig ontsnap los geveg met bewapendes oral begin vrees oop brand waar gaan hul volgende toeslaan daarmee – reg en geregtigheid verwater soos idees verkrummel geen beheer of wil meer oor in gereg geen gewete wat nog saak maak geen verantwoordelik neem net nog nuwe slagoffers – ©Teárlach
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Paasfees oordenkinge – haas VS Paas (349 woorde) Silwer
Kyk, wragtag skrik ek nie die paashaas nie. Ek verafsku hom. Klein wollerige hasies, konyntjies of springhase het ek nie probleme mee nie. Nee, daardie Haas-Das-mens-haas met die groot blou oë; daardie haas bring die lelik in my uit. April maand is vakansie maand. Almal weet dit. Rondom Pase word verlof dae skelm ingedruk. Pappa […]
onder
– herfs is mooi ook in weskus bioom na maande se droogte wag alles op sy eie winter reën – onder my duin lê jare se geskiedenis laag op laag verberg onder nuwe sand en skulpdiere – wat lê verberg onder al my reaksies op hedendaagse simptome van siek en bose wêreld hoe herlei dit […]
enig eindig
– drie eeue se stryd nader einde van tyd ongekende verguising wêreldwye afkeer en afgunstigheid – eensydige vertolking van afrika wet en orde gee, gee en gee net anders onwelkom en afgeskryf – ooglopende negering van minderheid regte onbeheerde massas wat toegelaat word om onwettig verwoesting te saai, aan die orde van die dag – […]
rym die raam
– vandag, soos elke dag trek sonstrale my duin se profiel in lang drade in die duin strate op – eerste lig se wasem soos nette oor die see gespan tot natuur vir ontbyt begin aansit – rame van flitse wat ewig kom en gaan in aarde se bestaan in mens-oë vertolk – tog is […]
willens en wetens
– om te slaap is mos ‘n kuur vir alle pyn – my duin lê onrustig wag op die eerste storm wat willens en wetens kom wat verloop en aansig gaan versteur – so versteur gedrag willens en wetens ook torring dit gedurig daaraan is nooit tevrede met iets wil altyd meer hê – wat […]