Ons Omgang met die Wêreldwye Pes
Beste Liewes, liewe Bestes,
ek hoop en wens dat dit julle goed gaan.
Hier lees en hoor ons so min van die buiteŵereld want ons eie (self-gebakte) probleme is so groot. Maar as ek bietjie gaan googel, kry ek die malste prente en tekste
van hoe dit daar doer óók kan toegaan: Bv. ǹ wit vrou in ‘n traliesbed wat roep,: Help me, I’m dying, I’m dying! En die agtergrond-stem sê dat sy na ǹ paar ure
daadsaaklik daar gesterf het. Opname van die smartfoon van ǹ mede-pasiEnt.
Googel: Südafrika Corona aktiell ZDF heute.
By ons is die mense meer daaroor besorg of ons een of ander menseregte prysgee wanneer daar streng maatreEls verhang word. Soos: Ek het die grondwetlike reg om ‘n kaffee of kroeg te besoek; ek wil bioskoop, teater, konsert of stadionsport gaan kyk; ek wil êrens (oorsee) gaan vakansihou. . .
Ek sê daarteen dat ons in die toekoms moet kyk: Wat maak ons in drie of vier jare met drie of vier miljaard stinkende lyke? Want dis ‘n WÊRELDWYE aangeleentheid, nie ‘n lentegriep nie!
By ‘n koerant-kiosk praat ek met die eienaar, ‘n Viernamees. Hy sê dat die nuwe aanstekings by 3000 (of 30 000?) in sy land staan, en agt sterftes. Daagliks? Weekliks? Maamdeliks? Nee, oor vyftien maande! Dan is die klimaat sekerlik so dat dit nie kan gryp nie? Nee, almal deurge-(ent / vaksineer?)! Van die begin af.
Ja, maar dis ‘n diktatorskap uit die ,Ryk van die Boses’ mos, nè? Iemand uit Taiwan (model-landjie met westerse waardes in die verre ooste) berig dat dit daar nie anders is nie. Ag so! Dan is dit waarskynlik die oosterse mentaliteit wat dit beter handhaaf! (?)
Is dit nie rassisties om so te praat (dink) nie?
Nou vra ek: Sal ons tog nie agter die Chinese en andere uit die Boseryk skaar nie? Die rede is van menseregte, maar ek vra: Wil ons menseregte hê of liewer menselewens red? Die wêreld staan kop. Ek sien hoe die leiers van die magtigste demokrasie van die wêreld hulle gedra, hoe die lede van ,the Mother of all parliaments‘ húlle by die Brexit-,debat’ gedra en hoe die Duitse parlementariErs hulle opvoer oor luukshede, waarvan 80% van die wêreldbevolking nie eers kan droom nie.
In Maart was ‘n gesprek oor hoeveel dose entstof oral verdeel word. Daar word van miljoene en honderdduisende gepraat. Één land het 28 gekry, so ‘n ,shithole state‘. Miljoene? Honder-duisende? Nee, agt-en-twintig (28). Nie eers genoeg vir die staatspresident en sy konkubine nie. In April hoor ek van ‘n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?
Of staan ÉK kop? Het ek iets belangtiks misgesien? Het ek in die verkeerde rigting gekyk, geluister? Sou ek nie gehoor het dat die Sg. pharma-konserne aan’t bars is weens die instromende dividende hie? Sou ek liewer nie durf hoor dat die ryk westerse lande teen te hoge pryse die lewensnoodwendige medikamente voor die neuse van die arm k, , , (Nee, maar ÓNS is mos nie rassisties nie! Mos. Nè?) wat verder in hul kleinhuisies moet woel. Moes ek liewer weggeluister het?
Waarskynlik is dit werklik net ek wat kopstaan, en daar is niemand met wie ek daaroor kan praat nie. Wat meen julle? Of is daar iemand onder julle bekendes wat my op die ,ware pad’ kan teruglei?
Het iemand raad?
Groetnis vanToom
[En moenie vergeet nie: Bly gesond!]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.