
vel
–
fel is sonstrale
soos spiese uit hel
wat dun vel skroei
oor reeds gekraak
nog barste maak
–
hoe dunner ‘n vel
skerper die strale
wat deurdring en
onderlaag vertel
dinge oor ‘n hel
–
woorde breek ook
soms deur die vel
laat vriende vertel
van pyn uit die hel
teleurstelling fel
–
fel is die oordeel
wat daaruit spruit
donker woorde vertel
van dieper eie hel
uit emosies fel
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.