Jongste aktiwiteit:

vel

–
fel is sonstrale
soos spiese uit hel
wat dun vel skroei
oor reeds gekraak
nog barste maak
–
hoe dunner ‘n vel
skerper die strale
wat deurdring en
onderlaag vertel
dinge oor ‘n hel
–
woorde breek ook
soms deur die vel
laat vriende vertel
van pyn uit die hel
teleurstelling fel
–
fel is die oordeel
wat daaruit spruit
donker woorde vertel
van dieper eie hel
uit emosies fel
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed