
eer(lik)
–
my duin draal oor eerbaar
word jy eerbaar as jy eerlik is
of is eerbaar karakter self
–
eerlik is nie selfbejammering
dit is nie ‘n karikatuur van eer
dit kan self opofferend wees
–
daar is nie grade van eerlik
amper eerlik of meer eerlik
geen afwyking van eerlik nie
–
eerlik is ‘n bewese self norm
dit is ‘n ewige stryd met self
jou kruis te dra sonder klae
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.