ylend
– somer, son en kultuur omring my duin vanoggend soos eeue voor my se boere drink ek eerste my koffie dit breek die dagbreek se egste mistigheid oop in my brein – selfs al kom die winter stadig maar seker weer aan geniet my oë en hart nog elke oomblik van sonlig wat vrylik hier […]
TOERIS IN MY EIE LAND
Hierdie flentertjie het ek seke al tien jare gelede op wyle WOES geplaa. Miskien is dit interessant om te lees HOE VOEL mens na so Ün lang afwesenheid as jy weer huistoe kom. Ek was tweekeer in my „tuisland”: Agt jaar gelede en nou kersfees. Dis nie moontlik om alle tekste om te skryf asof […]
eenkant
– segregasie vanself selfs op my duin is daar “pecking order” van soort groter seevoëls stoot kleiner soorte eenkant om eerste te eet soort bly by soort en verbaster nooit nog nooit ‘n kraai gesien wat met meeu as vrou oor die see sweef of in palms kraak so draai my gedagtes by diep segregasie […]
amnestie
– om aansoek te doen en te betaal om jou eiendom aan die staat oor te gee is aan die orde van die dag – nuwe betekenis vir die woord voorheen het misdadigers daarvoor aansoek gedoen en van president met spesiale geleenthede gekry met die klem op misdaad – daagliks gaan gee dom skape swaarverdiende […]
SNEEU OP MY AKKER
SNEEU OP MY AKKER Dis natuurlik nie my akker nie; dis die akker op die grond van ons buurdorp, agter die grens tussen ons en die buurdorpie („Dorf” = gehuggie). Daar boer een van die grootste varkboere in Noord-Duitsland. Al sy trekkers en ander landboumasjiene word deur elektroniese rekenaars van ‘n satelliet uit bestuur. Ja, […]
persepsie
– my siel sweef weer vandag van ver oor die blou see tot hier waar my duin sy staan maak diep onderdrukte fisiese mens gedagtes wat telkens opborrel wanneer die verstand moeg raak kom haak dit aan by persepsies kleur dit die waarheid van werklike denke met skewe beelde persepsies kan vermaal in vals beelde […]
ONAANGERAAK
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds kon sit sommer net so platgat in die stof sou ek my vergryp aan die wonders van ons land ek sou vergeet van die Boland se berge en my Vallei vol stomp goue koringlande. Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en […]
GENOOIDE GAS (goud)
Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]