Jongste aktiwiteit:

GENOOIDE GAS (goud)

Die tafel staan gedek
skarlakenrooi tafeldoek
met ‘n witkant oorhangsel
swart kerse weerskante
toonkleurige lapservette en
silwer messegoed
netjies langs die borde
op die plekmatjies gepak
gebakte skaapboud, stomende aartappels
‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte

sy sit aan
kyk na die muurklok
vat solank ‘n slukkie wyn
en wag vir die laaste maal
vir ‘n man
wat nooit weer
sal opdaag nie.

© Januarie 2020 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed