Digkuns (Triolet)
Die gediggies wat in my wese lê
stol as my pen die bladsy raak
asof dit hard en duidelik sê,
die gediggies wat in my wese lê
nie ‘n reg tot voortbestaan mag hê
dis of ek onbewus daaroor waak
die gediggies wat in my wese lê
stol as my pen die bladsy raak.
Elna Kruger 26/1/2021
Kopiereg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.