
persepsie
–
my siel sweef
weer vandag van ver
oor die blou see tot hier
waar my duin sy staan maak
diep onderdrukte fisiese mens
gedagtes wat telkens opborrel
wanneer die verstand moeg raak
kom haak dit aan by persepsies
kleur dit die waarheid van
werklike denke met
skewe beelde
persepsies
kan vermaal
in vals beelde
wat uitkyk
deur oë
wat
goed
wil sien
maar
kwaad
vertaal
veral
as
dit die
slegte van
die verlede
kan oproep
tot die
hede
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.