Vaarwel
saam kon ons gesels
lekker koppe gestamp
oor dinge wat
ons nie verstaan.
saam kon ons geluister
na musiek
sonder instrumente, stemme
in stil bos sale.
kon sonder tussenin geraas
mekaar vertel
van die groot Komponis
se klank sisteem.
God vra nou
jy moet kom sit
in sy skinder kring
oor die mense orkes.
af en dan
luister, praat terug
vir ons was afstand
nog nooit ń klankgrens.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.