boer
op die stoepie sit die groepie ag ja sê oupa, ag ja sê pappa ag ja sê boeta met klinkende rinkink word koffie in geskink slurp – slurp drink oupa, slurp – slurp drink pappa slurp – slurp drink boeta burp – burp blaas oupa, burp – burp blaas pappa burp – burp blaas boeta […]
Verlore Stryd
kwaai gal breek die diafragma versuur die sluk en neus brand soos vuur. spiere trek boog om pyle te skiet om vyand gesig uit en weg te slaat. diè braakskiet dade verlig nie die kwaad verseker wel ń langer siele stryd.
Estate Lewe
In stede lê die dorpe beplan met grys rand stene langs straatligte wat grom nek oor leë spasies lig. swart diamanté, bruin smaragte wit wannabes ń volle samelewing weerspiëeling in nuwe elite karre ry die ego kurwes. die estate verwek deur tydelike wense gee geboorte tot skulde wat vandag vreugde slu omskakel in langtermyn skade.
Corlett Drive
lewens sloer verby skuur oor teer geen emosies word verruil ignoreer of koop die wagwoord hier. besige mense vloei verlore verby die snot neus gehuurde kind wat gas adem vir môre se brood. verskulde mode pop dra swaar aan bediendes, alleen huis kinders glas besigheids man se stads bestaan. gesluier in vele doppe stoot ons […]
aanbod
koue vlieswolke trek oor my duin vul die uitspansel in skakerings van grys meeue skril duik en styg op om mossel skulpe te laat breek en te eet oor die eter kras geluide grof meer as genoeg stof oor-aanbod daarvan laat ore koud hartslag vir ‘n pennie niertjies en lewer duur goud lê nou in […]