
Tussen lyne
Tussen die lyne
van ń halfklaar boek,
eggo woorde deur stilte
waar dit na antwoorde soek.
Woorde wat rondtas
in die krake van jou siel,
spore daar los
wat die menswees verniel.
Woorde wat wil aanklank vind
in gister se niks
Nog boos nog blind
vir die waarheid wat is.
Tussen lyne wat krom is
van ń halfklaar boek
eggo woorde wat stom is
deur die liefde se vloek.
2 Kommentare
-
Koekekranka
Inderdaad pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Pragtig