Jongste aktiwiteit:

Twee siele ‘n boepens son en ‘n glimlag maan

Dit was ‘n prentjie mooi
sonskyn-dag
terwyl ons twee siele piekniek hou
in die lang, groen gras.

Selfs die skoenlappers
moes kom bespeur
wat nou eintlik hier gebeur
en kon ek my verbeel
een kom sit op jou neus
(soos in ‘n inkleurboek prentjie).

Jy was nog nooit
die romantiese nostalgiese tipe nie ,
maar daardie dag het ek gesien
dat enige een kan liries raak
en die liefde besing.

Ek het met my kop
op jou kaal bolyf gelê,
jou arms uitgestrek
en jy het onverwags
in my oor gefluister:
sou dit ooit koud raak in jou hart
gee ek vandag my boepens
vir die warm somer-son
sodat dit net vir jou sal skyn
vir ewig en altyd.

My glimlag het gestrek
van oog tot oog
en van oor tot oor –
ek moes diep in jou oë kyk
of ek nou ‘n terggees bespeur.

Êrnstig was ons twee
(vir eenkeer),
vasgevang in die oomblik.

Ek het vir jou terug gefluister:
sien jy my glimlag
sou dit donker raak in jou hart
gee ek vandag my mooiste lag
vir die maan
wat net vir jou sal glinster-lig altyd.

Dit was ‘n prentjie mooi
sonskyn-dag
terwyl ons twee siele piekniek hou
in die lang, groen gras.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed