Tyd vooruit
Tyd vooruit
Elke Sondagoggend, presies halfvier,
glip die skaduwee oor die stoepvloer.
Van oos na wes.
Rokerig. Grys. Rigtingloos.
Vertoef ’n oomblik,
asem in, en kwyn.
Die huis is oud, vol onthou.
Wie nog, het hier geloop?
Hande vol verwagting,
harte vol verlies.
Soms ruik ek laventel,
soms vingers,
sag teen my nek —
gou verby.
Stiltes wat fluister
lewe in die gang se skemer.
Die spieël aan die end
het dof geword.
Soms sien ek iets agter my.
Lyk soos my pa,
of dalk, soos ek — eendag.
Tyd, op tone
krap spore terug,
na gange
waar niemand meer kruip nie.
Ek wag nog.
Wil ook spook,
een wat bly,
langs jou,
by jou …
© Paul S Venter (Julie – 2025)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek