Jongste aktiwiteit:

uitspring kêrels! (Brons)

die laatoes van kleur
plof grof in wagtende stof
ets iets van afskeur
in die atmosfeer se skof

sigbare vreugdegeur
teen die kontras van koue lof
skilderdoeke swanger met fleur
as geleenthede degtig tof

bemin die dansende blaar
wat kartel dartel spartel
een van die dae is alles klaar
makeer die pas is al wat tel

al die gisters opgespaar
vrugbare oomblikke bestel
gewillige hande plooibaar
gereed om te versnel

© Francois Meyer 30 Augustus 2021




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed