‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa
‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa
Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun.
Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun.
My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg.
Seer is dit diep in my hart, ek kan dit nie met jou deel, jy is weg.
Van my Hemelse Trooster my seun, het jy die weg vir my gebaan.
Nou is ek die pa en het ek groot skoene om vol te staan.
‘n Voorbeelde van ‘n onvolmaakte man, en die volmaakte Man,
sal ek volg, probeer waar ek kan.
My gebed, my Vader wat in die hemel laat U Naam in ons midde geheilig wees,
laat U Koninkryk in my en my seun se lewens heers,
laat U seën op ons neer daal,
U die Leidsman wat ons rigting bepaal.
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.